OPLEIDING EN VENNOOTSKAPPE VIR NASORGSENTRUMS

OPLEIDING EN VENNOOTSKAPPE VIR NASORGSENTRUMS

'n Vennootskap tussen Petra Instituut, die NG Kerk in Sesmylspruit en Laerskool Hennopspark 

⁠'n Behoefte word aangespreek

Die NG Kerk Gemeente in Sesmylspruit, Centurion, Suid-Afrika het besluit om iets te doen rondom die feit dat baie kinders 'n tekort aan daaglikse geestelike en emosionele ondersteuning ervaar, as gevolg van die noodsaaklikheid vir beide ouers om te werk.

Tydens informele navorsing by die skole in die gebied van Hennopspark , het die kerk tot die besef gekom dat daar baie kinders is wat nie meer hul tuistes as 'n veilige hawe ervaar waar hulle geestelike en emosionele behoeftes aangespreek word nie. Die idee is toe ontwikkel om die nasorgsentrums hiervan bewus te maak, sodat hulle tot 'n groot mate in hierdie behoefte kan voorsien, en sodat nasorgpersoneel 'n verskil in kinders se lewens teweeg kan bring. 'n Baie groot aantal kinders woon daagliks nasorgsentrums by.

As 'n direkte gevolg hiervan het Petra Instituut 'n Nasorgsentrumkursus (Aftercare Centre Course) ontwikkel, wat hoofsaaklik op ons Entering the World of Children en Relational Childrens/Family Ministry kursusse geskoei is.

Die kursus word deur Petra Instituut en opgeleide vennote van die instituut aangebied.

Terugvoer: Mnr Jannie Raath (Skoolhoof, Laerskool Hennopspark)

Hierdie versiende gemeenskapsprojek tussen 'n gemeente, 'n skool, naskoolsentrums en Petra Instituut het 'n sirkel van vennote gevorm en dié wat daarby baat is die kinders in die gemeenskap. 

Die skoolhoof by Laerskool Hennopspark, mnr Jannie Raath gee sy terugvoer oor die sukses van hierdie projek en sy passie om dit te sien uitkring na ander gemeenskappe.

Die skoolhoof by Laerskool Hennopspark, mnr Jannie Raath gee sy terugvoer oor die sukses van hierdie projek en sy passie om dit te sien uitkring na ander gemeenskappe.

back to blogs